Sir Michael Caine | |
Caine in 2012 by die Weense Rolprentfees.
| |
Geboortenaam | Maurice Joseph Micklewhite |
---|---|
Geboorte | 14 Maart 1933 |
Aktiewe jare | 1950-tans |
Sir Michael Caine, CBE (gebore as Maurice Joseph Micklewhite; 14 Maart 1933) is ’n Britse akteur en skrywer. Hy is bekend vir sy kenmerkende werkersklas-aksent en het in langer as ses dekades in oor die honderd prente verskyn. Hy word beskou as ’n Britse ikoon[1] en is in 2000 deur koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk tot ridder geslaan vir sy bydrae tot die rolprentwese.[2]